Ons storie…

Die trustees, Rey Nell, Christiaan Hoek en Welma de Klerk is almal reeds sedert 2007 by Nell Hoek betrokke.  Hul het oorvloedige kennis en ervaring om u van die nodige raad en diens ten opsigte van u besigheid te voorsien.  Nell Hoek is kenners op die gebied van oudit, rekeningkunde, belasting, boedelbeplanning, stelsels, besigheidstrukture en so meer.  Ons kliënte is verspreid regoor Namibië, maar ons primêre fokus is besighede in die suide van die land.  Ons bedien boerdery-, kleinhandel-, groothandel-, toerisme-, vissery- en dienstebesighede van al die rekeningkundige dienste wat ‘n moderne besigheid vereis.

Ons dienste…

Finansiële en ouditdienste

  • Kompilasie van finansiële state
  • Oudits

Konsultasiedienste

  • Boedelbeplanning en testamente
  • Oprigting van trusts
  • Optrede as onafhanklike trustee
  • Begrotings
  • Bestuursverslae
  • Kontantvloei-vooruitskattings
  • Stelsels en prosedures
  • Interne oudit

Rekeningkundige dienste

  • Maandelikse prosessering
  • Jaarlikse prosessering
  • Cloud Accounting
  • BTW indienings

Belastingdienste

  • Belasting beplanning
  • Voorlopige belastingberekening en -indiening
  • Jaarlikse inkomstebelastingberekening en -indiening
  • Registrasies vir inkomstebelasting, BTW en werknemersbelasting
  • Belastingoudits
  • Verkryging van Certificate of Good Standing

Sekretariële dienste

  • Oprigting van maatskappye, beslote korporasies en trusts
  • Veranderinge aan aandeelhouers, direkteure, lede en trustees
  • Jaarlikse opgawes aan die Registrateur van Maatskappye
  • Optrede as geregistreerde kantoor
  • Optrede as maatskappy sekretaris

Ons bestuur…

Rey Nell het sy B.Compt-graad verwerf aan die Universiteit van die Vrystaat in 1989 en sy klerkskap voltooi by Theron Du Toit in Bloemfontein.  Hy was tot 1999 betrokke in finansiële bestuursposisies in die energie- en versekeringsektore.  In 1999 het Rey na Namibië verhuis en ‘n finansiële-dienste-besigheid op die been gebring.  Vandag is daardie besigheid Nell Hoek & Co Trust.  Rey staan aan die hoof van konsultasiedienste by Nell Hoek.

Christiaan Hoek het sy B.Rek-graad verwerf aan die Universiteit Stellenbosch, sy honneurs aan UNISA en gekwalifiseer as ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester in 2004.  Hy het sy klerkskap voltooi by LDP in Stellenbosch.  Hy was tot 2007 betrokke in finansiële bestuursposisies in die landbou- en staal-sektore.  Christiaan het in 2007 by Rey aangesluit om Nell Hoek & Co Trust te vorm.  Hy is geregistreer by SAICA in Suid-Afrika, sowel as ICAN en PAAB in Namibië.  Hy is gekwalifiseer as ‘n Geregistreerde Assessor en tree ook op as Opleidingsbeampte vir klerke wat hul opleidingskontrakte by Nell Hoek voltooi.  Christiaan staan aan die hoof van oudit-, finansiële- en belastingdienste by Nell Hoek.

Welma de Klerk is sedert 1997 werksaam in die finansiële-dienste-bedryf.  Sy het in 2001 by Rey aangesluit in die besigheid wat uiteindelik sou lei tot die ontstaan van Nell Hoek.  Welma is die hoof van rekeningkundige- en sekretariële dienste by Nell Hoek.

Ons kontakbesonderhede…